Hoekom Impac Cropsure:
iMPAC is ‘n vars bries in ‘n voosgehaelde bedryf wat die oesbedryf vernuwe. iMPAC is die eerste oesversekering firma wat met ‘n Inkomste waarborg produk die mark betree het om risiko bestuur vir die klient lewensvatbaar te maak. iMPAC het ook die eerste geintegreerde stelsel wat bestuur baie eenvoudig maak en die proses om polisse uit te ryk en eise uit te betaal vergemaklik.
iMPAC streef om diens te lewer, ons beweeg weg van die tradisionele manier van verseker aangesien die mark moet vernuwe. iMPAC glo aan bekostigbare produkte wat die klient en finansierder se risiko dek. Met ons taksasieprogram kan ons eise in ‘n oogknip afhandel.
iMPAC se taksateurs is onafhanklik, wat die klient die gemoedsrus kan gee dat skade korrek en regverdig bereken sal word. iMPac glo aan verhoudings en stap die pad saam met ons kliente en tussengangers.